• Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • Swartvlei Seekamp - 16 Junie tot 22 Junie 2019

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8

Die Swartvleistorie

Gedurende 1992 het Die Voortrekkers besluit om die graad 7 Verkenners weer te laat inskakel by die P/D ‘s. Seejol Verkenner kamp het toe alreeds meer as 100 graad 7’s gehad wat by hulle gekamp het. Die besluit was ook gewees dat P/D’s nie op Verkennerkampe mag kamp en kursusse doen nie.

Die behoefte was dus groot om op daardie stadium 'n P/D kamp te begin vir hoofsaaklik graad 7’s. Daar is dus baie gesprekke gevoer met die Kampleier van Seejol en die Dagbestuur van Transvaal om 'n seekamp vir die graad 7’s te begin. Dit het nie altyd te maklik gegaan met die onderhandelings nie en ons het baie teëkanting aan die begin gehad. Op die ou end het die bestuur van Akasia Voortrekker Kommando toestemming gegee om die kamp onder sy beskerming aan te bied. Daar is onmiddellik kontak gemaak met van die Rowers (waterwerk spesialisasie offisiere) om te help met die kamp. ‘n Kampraad is daar gestel met Willem van der Merwe as die kampleier. Ons het besef dat daar op die ou end ander grade ook sal wil deelneem en het begin werk om bestaande spesialisasies te verander sodat dit meer see gerig sal wees.

Die eerste Swartvlei Seekamp het gedurende die Julie skoolvakansie van 1993 plaasgevind met ‘n totaal van 114 kampers. In 1995 het ons Gebiedskamp status gekry en die getal kampers het gestyg tot 350. Ons grootste getal kampers, 900, was met die 10de verjaarsdag , en die getalle het daarna gestabiliseer op 550.

Dit is en sal altyd vir almal wat daar kamp ‘n ongelooflike ervaring wees want ons beleef tydens elke kamp die nabyheid van ons Hemelse Vader en Sy Skepping. Dit is ook vir die bestuur ‘n voorreg om deel te kan wees in die vorming en ontwikkeling van ons jeug.

Waar is die Swartvlei Seekamp?

Ons kamp elke jaar langs die Swartvlei-meer by Sedgefield tussen Knysna en George aan die Weskus. Die Swartvlei is een van verskeie vleie in Suid-Afrika waarvan almal onder bedreiging staan van moderne en informele ontwikkeling. Kortliks, vleilande is die watersuiwerings stelsels van die natuur en groot getalle watervoëls broei slegs in vleilande. Die kamp is slegs ‘n hanetree van die strand af, maar beskerm van die meeste wind. Die strand self is ongerepte natuurskoon en ‘n beskermde broeiplek vir bedreigde strandvoëls. Die strand strek tot by Gericke's punt waar die kinders in die laagwaterpoele die seelewe kan bewonder.

Hoe op aarde kry ons dit reg?
 
Dit is uit die aard van die saak nie die maklikste ding om te doen nie, maar met jare en jare se ondervinding kan die bestuur van Swartvlei Seekamp dit al baie goed doen. Beplanning begin al vroeg in Januarie en daarna is daar geen rus vir die kampraad nie. Gereeld word daar vergader en selfs na die kamp kom die offisiere weer bymekaar om die kamp te bespreek. Vervoer word al lank voor die tyd bespreek sodat die beste pryse vasgestel kan word om die totale koste van die kamp so laag as moontlik te hou.

'n Week of meer voor die kamp vertrek die "voorspan" en die vragmotor van Pretoria af Sedgefield toe om die kamp te begin opslaan sodat alles reg is teen die tyd wat die bemanning (penkoppe en drawwertjies) opdaag. Die Logistiek span is lank voor die kamp begin reeds op die kampterrein om alles in orde te kry vir die Swartvleiers en hou gedurende die kamp alles instant. Die kamp word opgeslaan in die vorm van 'n tentdorp met strate en selfs straatname en elke divisie kry 'n divisietent. Die Voorkasteel (groot "marquee" tent) word deur 'n professionele besigheid opgeslaan waarin die aand programme gehou word. Vir die administrasie en finansies word daar 'n Skeepskantoor ingerig om alle belange op datum te hou. 'n Kombuis word ingerig met stowe en yskaste en tydens 'n inspeksie die Departement van Openbare Gesondheid en Veiligheid het die beamptes die Skeepskombuis ten volle goedgekeur. Die Siekeboeg met gekwalifiseerde personeel staan reg vir enige kwaal of besering en terloops die beamptes van die regering was hier ook hoogs beïndruk. Die bestaande galjoene (badkamers) op die kampterrein is op standaard en word 2 tot 3 maal per dag skoon gemaak. Laastens maar seker die belangrikste vir die bemanning is die Kantien (snoepwinkel). Sakgeld wat die ouers saam stuur word deur die divisies opgeneem en word uitgedeel per dag soos die bemanning dit nodig het. Gereeld word voorraad geneem en die nodige aangekoop sodat almal iets lekker kan kry oppad strand toe of wanneer hulle moeg gespeel van die strand af terug keer.

Die offisiere van die dag of baie beter bekend as die "Varkies" handhaaf die orde en dissipline op die kamp. Die Varkies is ook die gees van die kamp met hulle humor en pienk varkie pakkies. Die bemanning raak gou lief vir die Varkies en later is daar 'n streep kleintjies ooral agter hulle aan. Die Varkies reël ook die aand program en kom elke jaar met oorspronklike idees om die bemanning te amuseer.

Dit is slegs deur die toewyding van al die offisiere wat dit moontlik is om die Transvaalse Voortrekkers (ander gebiede is ook welkom) op die lekkerste vakansie, gebiedskamp te neem van hul penkop en drawwertjie loopbaan.