• Swartvlei Seekamp - 25 Junie tot 2 Julie 2022 Boknes Voortrekkerkampterein - Oos-Kaap

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6

Seekatte

Voorskool (Slegs vir diensdoende offisiere se kinders)

Divisieleier: Madelyn Burger-Smit

Kleur: Lig pers (lilac)

Huisdier: "Sarel" die Seekat

Hallo maatjies, baie welkom by die seekatte! Hier in die seekattent, kyk ons na maatjies van diensdoenende offisiere tussen die ouderdomme van 1 - 6 jaar.

Hier by die seekatte is dit heeltyd speeltyd - van vroegonggend tot na die aandprogram, elke dag! Dit gee vir pappa en mamma tyd om hul werkies op die kamp of by hul divisies te doen, om sodoende op die PD’s te fokus.  Ons bak en brou in die tent, kleur in, leer liedjies, ry op skopfietse, speel op die strand en baljaar in die see totdat jy omkap van moegheid - onder toesig natuurlik!

Elke dag se badtyd is ook ‘n hoogtepunt want die pret gaan net voort in die opblaaswembadjies, onder die stort, wat vir baddoeleindes gebruik word.

Jy gaan ook vir oupa Pote, ons huisdiertjie ontmoet en sy maatjie “Cutie” wat nie kan wag om julle te ontmoet en met julle te speel nie.  Daar is ook baie ander speelgoed en lekker pret wat op julle wag tydens die kamp! Dit is so lekker by ons dat jy nie sal kan wag vir volgende jaar se seepret nie!!

Sien julle binnekort!

Facebook fotos 2019

Facebook fotos 2018

Facebook fotos 2017