Staptogte
Graad 6
Divisieleier: Reinette De Koker en Jan Semmelink
Kleur: Bont
Huisdier: "Kerneels" Die Kameelperd
As jy “anders” is as die ander … is Staptogte net die plek vir jou!
By Staptogte doen ons dinge anders as almal op die kamp.
Staptogte is die enigste divisie waar …
jy twee aande uitslaap onder die sterre ️
elkeen n sak vol lekkernye en selfs jou eie blik kondensmelk kry
ons loop en sing want ons hou nie van stilsit nie ️
Onthou vir Staptogte moet jy redelik fiks wees en …
‘n 50-65L stap rugsak hê wat gemaklik op jou rug pas
‘n stapstofie en -potjie hê vir al die lekkernye wat ons gaan gaar maak
‘n oorlewingsak saambring waarin jy vir twee aande gaan slaap
Kom help ons om die nuwe paaie terug te vind na die kamp hierdie jaar in Boknes!